11 verdagtes in Port St Johns-taxigeweld vrygelaat
Die Oos-Kaapse polisie het bevestig die saak teen elf verdagtes wat in verband met die taxigeweld in Port St Johns vasgetrek is, was weens gebrek aan bewyse nie op die hofrol nie en die verdagtes is vrygelaat. Drie mense is dood en ses beseer toe twee taxiverenigings Dinsdag by die Port St Johns-taxistaanplek op mekaar losgebrand het. Die polisiewoordvoerder, Siphokazi Mawisa, sê die verdagtes het aanklagte soos moord, poging tot moord en die afvuur van vuurwapens in ʼn beboude gebied in die gesig gestaar.
Leave a Reply