SA: 154 mense vir lospryse ontvoer
In die buurland is die parlement se portefeuljekonitee oor polisie bekommerd oor die toename in losprys-verwante ontvoerings in die land. Hy sê die tendens moet dringend getakel word om te verseker dit raak nie buite beheer nie. Die komitee sê die onlangse misdaadsyfers onthul 154 mense is vir lospryse ontvoer. Die komitee se waarnemende voorsitter, Nocks Seabi, sê hulle is ook bekommerd oor die voortdurende verspreiding van onwettige vuurwapens en die feit dat in meeste gevalle, vuurwapens die eerste keuse as moord-instrument is.
Leave a Reply