2030 Sokker Wêreldbekertoernooi in 6 lande, op 3 vastelande
Sokker: 2030 se Wêreldbekertoernooi vir mans sal in ses lande op drie vastelande gespeel word. Die wêreldbeheerliggaam, Fifa, het die toernooi aan Marokko in Afrika en die Europese lande Spanje en Portugal toegeken. Sommige wedstryde word ook in Argentinië, Paraguay en Uruguay in Suid-Amerika gespeel ter herdenking van die eerste Wêreldbeker-toernooi op daardie vasteland 100-jaar gelede. Fifa het 2034 se toernooi aan Saoedi-Arabië toegeken terwyl die wêreldwye skouspel in 2026 in Kanada, Amerika en Mexiko plaasvind.