22ste herdenking met 1 000 liggame wat nog uitgeken moet word – Kosmos 94.1

Home Uncategorized 22ste herdenking met 1 000 liggame wat nog uitgeken moet word – Kosmos 94.1
22ste herdenking met 1 000 liggame wat nog uitgeken moet word – Kosmos 94.1



9/11: 22ste herdenking met 1 000 liggame wat nog uitgeken moet word

Amerikaners dink vandag terug aan die gruwel en nalatenskap van die aanvalle op 11 September 2001. Daar sal op verskillende plekke vergader word vir die 22ste herdenking van die dodelikste terreuraanval ooit op Amerikaanse grondgebied. Twee gekaapte vliegtuie met selfmoord-aanvallers het in die Wêreldhandelsentrum se Twin Towers vasgevlieg. Byna 3 000 mense is in die voorval dood. Meer as ‘n duisend van die slagoffers is egter nog nie uitgeken nie. Hulle oorskot word tans by die nasionale 11 September-gedenkteken en -museum by die Wêreldhandelsentrum se perseel bewaar. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.