260 agter tralies in Oshikoto – in 60 dae

Home Uncategorized 260 agter tralies in Oshikoto – in 60 dae
260 agter tralies in Oshikoto – in 60 dae


260 agter tralies in Oshikoto – in 60 dae

Nampol se bevelvoerder van die Oshikoto-streek, kommissaris Teopoline Kalompo-Nashikaku, het die misdaadsyfers vir die feestyd, vanaf 17 November tot 17 Januarie bekend gemaak. Volgens die statistieke is altesaam 260 verdagtes in die 60 dae in hegtenis geneem vir verskeie aanklagte. Die hoogste aantal aanklagte was vir ernstige aanranding met 38 sake, gevolg deur die besit van onwettige goedere, met 28 sake wat aangemeld is en 27 gevalle van veediefstal. Die besit van onwettige en vervalste goedere, soos die Best Whiskey-sakkies, het die hoogste boetes van meer as 2 miljoen Namibiese dollar opgelê. Daar was 700 boetes vir verkeersoortredings. Ook in die tydperk is 18 ongelukke met 21 motors aangemeld met agt sterftes.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.