33 deelstate in VSA dagvaar Meta vir geestesgesondheid

Home Uncategorized 33 deelstate in VSA dagvaar Meta vir geestesgesondheid
33 deelstate in VSA dagvaar Meta vir geestesgesondheid


33 deelstate in VSA dagvaar Meta vir geestesgesondheid

Drie-en-dertig Amerikaanse state het ʼn federale hofsaak aanhangig gemaak teen Meta, die moedermaatskappy van Facebook en Instagram. Hulle beskuldig die sosialemedia-platforms dat hulle weens die verslawende aard daarvan bydra tot die geestesgesondheidkrisis onder die jeug. New York se prokureur-generaal, Letitia James, is een van 33 prokureurs-generaal wat die regsaak onderteken het. Sy sê sosialemedia-maatskappye, insluitend Meta, het bygedra tot ʼn nasionale geestesgesondheidskrisis onder die jeug en moet aanspreeklik gehou word. Die regsaak eis ʼn verskeidenheid oplossings wat omvattende siviele strawwe insluit. Meta het sy teleurstelling oor die regsaak uitgespreek. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.