40 tonnelwerkers is almal veilig, nog vasgekeer
Reddingswerkers in die noorde van Indië sê hulle het vanoggend kontak gemaak met 40 werkers wat vir meer as 24 uur vasgekeer was nadat die padtonnel wat hulle bou ineengestort het. Die tonnel is hoog op in die Himalayas en vorm deel van die land se vervoerstrategie. Volgens die bevelvoerder van die land se nasionale rampreaksiemag, Karamveer Singh, is al 40 werkers veilig. Kos en water is ook ingestuur terwyl pogings voortduur om die tonnel op te maak.
Leave a Reply