Debt Busters: 78% Suid-Afrikaners wroeg oor geldsake
‘n Opname deur Debt Busters toon 78 persent van Suid-Afrikaners wroeg oor hulle geldsake, ʼn styging teenoor die vorige jaar. Die opname het 35 000 antwoorde ontvang, met 94 persent wat erken dat finansiële druk hul huislike omstandighede beïnvloed en 78 persent erken dat dit hul werkslewe beïnvloed. Boonop glo 77 persent van Suid-Afrikaners dat hul algemene gesondheid benadeel word. Bekommernisse wissel van die terugbetaling van skuld tot onvoorsiene uitgawes en skoolfonds, met verskillende inkomstegroepe wat spook met stygende lewenskoste, hoër rentekoerse en trae ekonomiese groei.
Leave a Reply