Afrigter Conrad steun Stubbs as nommer 3-kolwer

Home Uncategorized Afrigter Conrad steun Stubbs as nommer 3-kolwer
Afrigter Conrad steun Stubbs as nommer 3-kolwer

Afrigter Conrad steun Stubbs as nommer 3-kolwer

Krieket: Die toetsafrigter van die Proteas, Shukri Conrad glo die onervare Tristan Stubbs het wat nodig is om ‘n fantastiese nommer drie-toetskolwer te word. Hy sal die rol vervul in die eerste van twee toetse teen die Windies, wat môre in Trinidad begin. Die witbalkaptein Aiden Markram en Tony de Zorzi is die aanvangskolwers vir Suid-Afrika. Conrad sê hoewel die 23-jarige Stubbs tot dusver nog net in een toets gespeel het, is hy ‘n indrukwekkende karakter met ‘n goeie aura en sterk liggaamstaal.

source