Bokke se oefenkamp begin vandag
Die Springbokke het hulle voorbereidings vir vandeesweek aangepas omdat die naweek se toets teen Skotland op Murrayfield eers op Sondag plaasvind. Hulle het Sondag in Edinburgh aangekom na ʼn week lange oefenkamp in Jersey en het Maandag die dag af gehad voor hulle vandag afrigting hervat. Vaskopstut Wilco Louw sê die kamp bied hulle die geleentheid om as ʼn groep saam te werk en hulle is opgewonde oor die aanloop tot die kragmeting op Murrayfield. Hoofafrigter Rassie Erasmus sal sy wedstrydgroep van 23 na verwagting môre of Donderdag bekend maak.