Reddingsboeie vir staatsinstellings bekommer politieke partye

Home Uncategorized Reddingsboeie vir staatsinstellings bekommer politieke partye
Reddingsboeie vir staatsinstellings bekommer politieke partye

Reddingsboeie vir staatsinstellings bekommer politieke partye

Politieke partye het kommer uitgespreek oor die reddingsboeie vir staatsondernemings. Hulle is tydens ‘n debat in die parlement beskryf as finansiële sinkgate wat geld wegneem van dienste soos onderwys, gesondheid en die polisie. Partye soos die DA, die Vryheidsfront Plus en die Inkatha Vryheidsparty stem saam te veel van hulle is ondoeltreffend en werk teen ‘n verlies. Virgill Gericke van die EFF sê die instellings word nie behoorlik bestuur nie.

source