Trump sal minimale inloed hê op klimaatstryd: Al Gore
Die voormalige Amerikaanse visepresident, Al Gore, glo Donald Trump se tweede termyn in die Withuis sal ‘n minimale uitwerking op die wêreld se stryd teen klimaatsverandering hê. Trump het met sy terugkeer beloof om die Verenigde State ‘n tweede keer van die Paryse Ooreenkoms te verwyder, en dus hierdie week ‘n skadu oor die Verenigde Nasies se COP29-klimaatgesprekke in Baku gegooi. Gore eggo die verklarings van president Joe Biden se klimaatspan, wat probeer het om ander lande te herinner globale optrede het Trump se eerste presidentskap oorleef.