Rusland loods reuse-lugaanval
Rusland het sy grootste lugaanval sedert September op Oekraïne uitgevoer. Minstens tien mense is dood en energie-infrastruktuur is beskadig in die hoofstad Kiëf, Donetsk, Lviv en Odesa. Altesaam 120 missiele en 90 hommeltuie is gebruik. Oekraïne se grootste privaat energiemaatskappy, DTEK, sê sy termiese kragaanlegte het aansienlike skade opgedoen wat nood-kragonderbrekings veroorsaak het. Oekraïne se president Volodymyr Zelensky beskryf die bomaanvalle as Russiese terroriste se werk. Hierdie aanval is die agste grootskaalse een op Oekraïnse energie-fasiliteite.