Quincy Jones, Juliet Taylor kry Governors-toekennings
Die musieklegende, wyle Quincy Jones, en ervare rolwerwer, Juliet Taylor, is met die Academy-eretoekenning vereer by die 15de Governors-toekennings in Los Angeles. Dis ʼn belangrike geleentheid in die toekenningseisoen en word beskou as die Motion Picture Academy se tweede grootste aand van die jaar naas die Oscars. Die Britse skrywer-regisseur, Richard Curtis, het die Jean Hersholt- humanitêre toekenning ontvang, en die James Bond-vervaardigers, Michael G. Wilson en Barbara Broccoli, het die Irving G. Thalberg-gedenktoekenning gekry.