Droombos mag net konferensies, gastehuisdienste aanbied, nie funksies nie
Droombos mag nie meer funksies aanbied en as venue funksioneer nie. Dit kom na Stad Windhoek in die hoërhof geslaag het met regter Nate Ndauendapo wat die beslissing gemaak het. Die Stad het in Augustus 2012 die toestemmingsgebruik aan die vorige eienaars van Droombos toegestaan maar dit was vir ’n gastehuis met tien kamers wat konferensiegeriewe insluit. In Desember 2017 is Droombos aan nuwe eienaars verkoop. Plaaslike media berig dat Droombos sê sy regslui hersien die uitspraak en die redes daarvoor en sal dan die pad vorentoe bepaal.