Aupindi se swembad-saak het nadraai in hof
Antonio di Savino dagvaar die Teenkorrupsie-kommissie vir meer as 9 miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding. Di Savino was saam met Tobie Aupindi, toe hy destyds die uitvoerende hoof van die NWR was, in 2018 skuldig bevind aan korrupsie in verband met ‘n swembad wat hy blykbaar as omkoopgeld vir Aupindi geskenk het. Die saak is op appèl omgekeer en die twee is vrygespreek. Di Savino sê hy is deur sy werkgewer Rivoli Namibia na sy skuldigbevinding afgedank en is steeds tot op hede werkloos. Hy eis sy verlore inkomste en 250 000 dollar vir stres. Die kommissie verdedig.