Ekonoom Brown sê nasionale pot moet meer bydraers hê

Home Uncategorized Ekonoom Brown sê nasionale pot moet meer bydraers hê
Ekonoom Brown sê nasionale pot moet meer bydraers hê

Ekonoom Brown sê nasionale pot moet meer bydraers hê

Die Cirrus-ekonoom Rowland Brown sê in ‘n opiniestuk dat die oplossing vir die meeste van die land se probleme ‘n hoogs gefokusde regering is wat ‘n klein aantal spesifieke dienste goed verskaf en ‘n florerende entrepreneuriese sektor wat werk skep en belasting betaal. Hy sê staats-megaprojekte werk nie omdat hulle ‘n rekord van mislukking het. Om afhanklik te wees van een of twee sektore sal altyd beperkend wees. Waterstof is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Hy sê die voorstanders van groenwaterstof beloof werksgeleenthede wat nie sal materialiseer nie. Dit is dus volgens hom baie meer sinvol om ‘n groot aantal bydraers tot die nasionale pot te hê, as om op een tot twee gekose bydraers te fokus. 

source