Stad Windhoek steeds sonder ampsdraers
Die Stad Windhoek bly sonder politieke leierskap nadat die geskeduleerde verkiesing van politieke ampsdraers vandag gekanselleer is. Die Stad se woorvoerder, Lydia Amutenya, het nie redes vir die kansellasie verskaf nie en sê ’n nuwe datum sal aangekondig word. Dit is die derde kansellasie van die verkiesing vir burgemeester, onderburgemeester en lede van die stad se bestuurskomitee. Die verkiesing is verlede week uitgestel weens ‘n gebrek aan kworum vir die vergadering. Die vorige vergadering is gekanselleer nadat raadslede uitgestap het toe die voorsittende beampte ‘n kort pouse geweier het.