S-Korea se waarnemende leier stel bondgenote gerus

Home Uncategorized S-Korea se waarnemende leier stel bondgenote gerus
S-Korea se waarnemende leier stel bondgenote gerus

S-Korea se waarnemende leier stel bondgenote gerus

Suid-Korea se waarnemende president, Han Duck-soo, het begin om die land se bondgenote gerus te stel en finansiële markte te kalmeer na president Yoon Suk Yeol in ‘n staat van beskuldiging geplaas is. Han het in ‘n telefoon-oproep met Amerikaanse president Joe Biden gesê Suid-Korea sal sy buitelandse- en veiligheidsbeleide sonder ontwrigting uitvoer. Daar sal ook verseker word dat die alliansie tussen Suid-Korea en Amerika gehandhaaf en ontwikkel word. Die Withuis het in ‘n verklaring gesê Biden het sy waardering uitgespreek vir die veerkragtigheid van demokrasie en die oppergesag van die reg in Suid-Korea.

source