Von Bach vat water, Hardap op 5,5%

Home Uncategorized Von Bach vat water, Hardap op 5,5%
Von Bach vat water, Hardap op 5,5%

Von Bach vat water, Hardap op 5,5%

Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is daar 9,9 persent waterbronne oor in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien. Von Bach het 59 000 kubieke meter water gevat en is op 10,4 persent, en Swakoppoort staan op 16,4 persent. In die Suide is Hardap op 5,5 persent met 421 000 kubieke meter wat die afgelope week vir die vark- en melkplaas onttrek is. Neckartal is 77 persent vol na 2,5 miljoen kubieke meter uitgelaat is vir boere onder die damwal. Naute by Keetmanshoop is op 30,9 persent en die Oanobdam by Rehoboth het 31,1 persent water. Die Ooste se totale bronne is op 1,1 persent met die Otjiverodam op 1,7 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 1,8 en 4 persent. In die Noorde het die Olushandjadam water gevat en is op 38,8 persent.

source