Padwedlope: Gerda Steyn verpletter Fritz se Comrades-rekord met tien minute
Padwedlope: Twee Suid-Afrikaners het vandag rekords by die moordende Comrades-marathon vanaf Durban na Pietermaritzburg laat spat. Tete Dijana van het sy Comrades-titel naelskraap behou en in ‘n rekord-tyd van vyf uur 14 minute en een sekondes gewen. Hy het sewe sekondes voor ‘n aanstormende Piet Wiersma van Nederland oor die eindstreep gehardloop. Gerda Steyn behaal die tweede rekord van die dag en is eerste oor die wenstreep in vyf uur 44 minute en 50 sekondes. Sy verpletter Frith van der Merwe se rekord van 34 jaar met tien minute in die af-Comrades.
Leave a Reply