Kabeldiefstal, vandalisme laat duisende sonder krag
Sommige Johannesburgers sal tot Maandag sonder krag sit nadat vandale kabels gesteel en City Power se infrastruktuur beskadig het. Die voorval het die kragtoevoer na verbruikers in die Johannesburgse middestad, Marshalltown, City en Suburban, Selby en omliggende gebiede onderbreek. City Power-woordvoerder Isaac Mangena sê minstens 60-persent van die inwoners wat geraak is, se krag is herstel.