Twitter beperk hoeveel plasings jy daagliks kan sien
Twitter het tydelike leesbeperkings op sy platform toegepas om wat hy as uiterste vlakke van dataskraping en stelselmanipulasie aan te spreek. Dataskraping is wanneer inligting van ‘n platform na ‘n rekenaar oorgedra word. Volgens Elon Musk is geverifieerde rekeninge tydelik beperk tot die lees van 6 000 plasings per dag, met ongeverifieerde rekeninge en nuwe ongeverifieerde rekeninge wat onderskeidelik beperk is tot die lees van 600 en 300 plasings per dag. Gebruikers moet ook ‘n rekening hê om twiets te sien.
Leave a Reply