Onderwysministerie gee twee opsies vir 2024-skoolkalender
Die onderwysministerie doen ‘n beroep op lede van die publiek vir insette in die twee opsies wat die ministerie aanbied vir die 2024-skoolkalender vir staatskole. Opsie 1 bied ‘n totaal van 196 dae, sowat ses en ‘n half maande skool, terwyl opsie 2, 198 dae skool bied. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Sanet Steenkamp het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê die publiek moet eienaarskap van die proses te neem.
Leave a Reply