Uutoni tevrede met koers van verskaffing van behuising
Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling sê die regering gaan voort om inisiatiewe te ondersteun om behuising aan lae-inkomste verdieners te lewer, al is daar uitdagings. Dit volg nadat die ministerie 33 huise aan die Shack Dwellers Federation in Windhoek se informele nedersetting Okahandja Park oorhandig het. Van die 33 huise is 22 deur die ministerie befonds, terwyl Standard Bank elf huise befonds het. Die minister Erastus Uutoni het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê sy ministerie is tevrede met die koers waarteen die behuisingskrisis in die land aangespreek word.
Leave a Reply