DA: Kliniek in Noord-Kaap ná ses jaar onvoltooid
Die DA in die Noord-Kaap sê die provinsiale regering moet verduidelik hoekom daar ʼn voortgesette vertraging is met die voltooiing van die Boegoeberg-kliniek wat lei tot stygende uitgawes. Die Boegoeberg-kliniek het oorspronklik in September 2017 begin en sou binne ʼn jaar voltooi wees. Volgens ʼn woordvoerder van die DA, Priscilla Isaacs, is die departement van gesondheid en van paaie en openbare werke al meer as ses jaar daarmee besig en dis nog nie klaar nie.
Leave a Reply