VN wil Swartsee-ooreenkoms verleng
Byna een jaar sedert die instelling van die Verenigde Nasies se Swartsee-inisiatief waartoe Rusland ingestem het, is meer as 32 miljoen ton voedsel vanaf drie Oekraïnse Swartsee-hawens na 45 lande op drie vastelande uitgevoer. Die inisiatief het die Wêreld-voedselprogram in staat gestel om meer as 725 000 ton koring te vervoer as voedselhulp aan mense in nood in Afghanistan, Ethiopië, Kenia, Somalië, Soedan en Jemen. Die VN wil die ooreenkoms, wat volgende week Maandag hernu moet word, verleng hê, omdat dit volgens hom ‘n onontbeerlike rol speel in wêreld-voedselsekerheid.
Leave a Reply