Massagraf in Darfoer-streek gevind
Die Verenigde Nasies se Menseregte-kantoor sê minstens 87 mense se liggame is in ‘n massagraf in Sudan se Darfoer-streek gevind. Die VN sê hy het geloofwaardige bewyse dat die paramilitêre mag, RSF, verantwoordelik is. Die organisasie sê plaaslike inwoners is verlede maand gedwing om ontslae te raak van die liggame, insluitend die van vroue en kinders, in ‘n oop gebied naby die stad Aljanina.
Leave a Reply