Opheffing van brandstof-subsidies in Angola kan moontlik smokkelary beïnvloed – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Opheffing van brandstof-subsidies in Angola kan moontlik smokkelary beïnvloed – Kosmos 94.1
Opheffing van brandstof-subsidies in Angola kan moontlik smokkelary beïnvloed – Kosmos 94.1



Opheffing van brandstof-subsidies in Angola kan moontlik smokkelary beïnvloed

Dit is onbekend wat die invloed van die opheffing van brandstofsubsidies in Angola op plaaslike smokkelary sal hê. Die Angolese regering, wat in 2022 meer as 65 miljard Namibiese dollar op die subsidies bestee het, het dit deels opgehef wat tot reuse-protesaksies in Junie gelei het. Die brandstofprys in die buurland het verdubbel vanaf net meer as 3 Namibiese dollar ‘n liter na net meer as 6,6 dollar ‘n liter. Terwyl dit nog as uiters goedkoop plaaslik beskryf word, en daarom word brandstof oorgrens gesmokkel, word daar verwag dat die koste van die swartmark vervoerketting ook sal styg wat die winsmarge van plaaslike smokkelaars negatief kan raak. Plaaslik het owerhede en besighede, veral in die Noorde, groot kommer oor die voortslepende misdaad. Noord van die rooilyn kos ‘n liter petrol 20 dollar 37 sent terwyl diesel teen 19 dollar 64 verhandel.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.