GRN misluk in grondhervormingsdata
Namibië se voortgesette grondhervormingsproses, wat daarop gemik is om geskiedkundige ongelykhede in grondbesit aan te spreek, het nie omvattende data oor die uitkomste en uitsette van die hervestigingsplase nie. Dit is die mening van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing. Die dinkskrum het verskeie leemtes in die hervormingsproses uitgelig. Volgens Robin Sherbourne van die instituut fokus die bestaande grondhervormingstatistieke hoofsaaklik op insette soos die koste en grootte van die plase wat gekoop word, terwyl belangrike inligting oor hoe hervestigde boere vaar en die inkomste wat hulle genereer heeltemal oorgesien word. Die program gaan gereeld gebuk onder kritiek dat die boere geen bystand ontvang nie en ook nie lenings kan bekom nie en dus, daal landbou produktiwiteit.
Leave a Reply