So lyk die stand van die land se damme
Daar is minder as die helfte waterbronne in die Von Bachdam, vergeleke met verlede jaar. Op die oomblik is die dam 21,4 persent vol teenoor 52,3 persent in 2022. Die Swakoppoortdam het 63,9 persent water en die Omatakodam is leeg. Bronne vir die sentrale gebied staan op net minder as 33 persent. In die Ooste is die stand van sake nie veel beter nie met Otjivero wat 9,4 persent water het. Gekombineer met die twee Viljoendamme, is bronne vir die Ooste op 7,2 persent. In die Suide is net meer as 1,2 miljoen kubieke meter water uit Hardap onttrek en die dam het 34,9 persent water teenoor 65,3 persent verlede jaar. Naute by Keetmanshoop is 60 persent vol met Oanob by Rehoboth op 56,6 persent, terwyl Neckartal, wat nie benut word nie, op net meer as 90 persent van kapasiteit staan.
Leave a Reply