SANW se ontplooiing by kragstasies begin vrugte afwerp
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se ontplooiing na Eskom se kragstasies begin vrugte afwerp. Die soldate is ontplooi om sabotasie en diefstal te verminder. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die laaste voorval van sabotasie by die kragvoorsiener is in Februarie vanjaar aangemeld. Dit beteken die soldate het daarin geslaag om die misdade te verminder. Mokwena sê daar is egter steeds misdadigers wat kanse vat en probeer om Eskom se infrastruktuur te steel.
Leave a Reply