Toeriste reis minder na Mediterreense streek weens hitte
Die temperature in die suide van Europa sal na verwagting vandag ‘n hoogtepunt bereik. Volgens die Europese Ruimte-agentskap kan die kwik op die Italiaanse eiland Sardinië tot 48 grade Celsius styg, en in Spanje, waar hittegolftoestande ook al dae voortduur, is 44 grade Maandag gemeet. Die buitengewone hitte is die streek se tweede hittegolf dié somer. Intussen sê die Europese Reis-agentskap dat die hitte daartoe kan lei dat toeriste hulle na koeler streke kan wend. Besoekers wat tussen Junie en November in die Mediterreense streek wil reis, het reeds met tien persent gedaal.
Leave a Reply