Konsultasies oor Wetsontwerp op Verbruikerskrediet
Die ministerie van finansies het die Wetsontwerp op Verbruikers-krediet amptelik bekragtig wat daarop gemik is om ‘n regverdige en deursigtige verbruikers-kredietmark te skep terwyl kredietverbruikers beskerm word. Die wetsontwerp is nou oop vir openbare konsultasie om insette van kredietverskaffers soos onder meer mikroleners, banke, kleinhandelwinkels wat krediet aanbied, pandjieswinkels, skuldinvorderaars en kredietburo’s en individue wat krediet gebruik. Om hierdie proses te fasiliteer, sal die Namibiese Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, openbare konsultasies reël deur landwye vergaderings, wat ook aanlyn sal plaasvind. Die konsultasies sal gedurende Augustus in die streke van Erongo, Otjozondjupa, Kavango-Wes en -Oos, en Zambezi plaasvind.
Leave a Reply