Pasgebore weggooi-babaseuntjie in Katutura-hospitaal opgeneem
Die Namibiese polisie het ‘n geval van ‘n baba-storting in die hoofstad bevestig. ‘n Pasgebore babaseuntjie is deur ‘n lid van die publiek in ‘n rivierbedding in die Ombili informele nedersetting in Katutura gevind. Volgens adjunk-inspekteur Silas Shipandeni van die Nampol blyk dit dat sy ma vanoggend op die toneel geboorte aan hom geskenk het. Die seuntjie is na die Katutura-staatshospitaal geneem vir ‘n mediese ondesoek. Die polisie-ondersoek en soektog na die ma duur voort.
Leave a Reply