DBV se hofaansoek teen uitvoer van skape na Midde Ooste ter syde gestel – Kosmos 94.1

Home Uncategorized DBV se hofaansoek teen uitvoer van skape na Midde Ooste ter syde gestel – Kosmos 94.1
DBV se hofaansoek teen uitvoer van skape na Midde Ooste ter syde gestel – Kosmos 94.1



DBV se hofaansoek teen uitvoer van skape na Midde Ooste ter syde gestel

In die buurland het die Konstitusionele Hof ‘n hofaansoek van die Nasionale Dierebeskermings-vereniging ter syde gestel om ‘n Oos-Londense veekoper, Al Mawashi te verbied om lewende hawe na markte in die Midde Ooste uit te voer. Die hof het bevind dat die aansoek nie dringend was nie, en dat kritieke feite in die aansoek ontbreek het. Die vereniging het in 2021 ‘n tussentydse hofbevel gekry om die maatskappy te verhinder om meer as 50 000 skape en 650 beeste uit te voer. Die woordvoerder van Al Mawashi, Ilyaas Ally, sê die DBV se pogings om sy maatskappy te diskrediteer het nie geslaag nie. Hy sê staatsveeartse het bewys dat Al Mawashi die riglyne vir diereveiligheid nakom.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.