Mpho sê dis moontlik om toekoms sonder beurtkrag te sien
Eskom se raadsvoorsitter, Mpho Makwana, sê Suid-Afrika is besig om uit die energiekrisis te beweeg en dis nou moontlik om ‘n toekoms sonder beurtkrag te sien. Eskom se energiebeskikbaarheidsfaktor het verlede maand tot 60 persent gestyg waar dit laas in September verlede jaar was. Makwana sê beurtkragvlakke sal afneem soos die beskikbaarheid van energie toeneem. Hy voeg by Eskom het ‘n reuse-invloed op die ekonomie en samelewing en hulle doen alles in hulle vermoë om kragonderbrekings te bekamp.
Leave a Reply