Buurland bevestig nog ‘n ingevoerde cholera-geval
Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement sê nog ‘n cholera-geval is bevestig in ‘n man wat van Pakistan na Durban gereis het. Die 24-jarige Suid-Afrikaner het net meer as ‘n week gelede by die King Shaka Internasionale Lughawe geland nadat hy in Karachi was. Die departement sê die man het twee dae tevore reeds buikkrampe, braking en diarree ervaar nadat hy ‘n maaltyd geëet het. Hy is in ‘n Durbanse hospitaal opgeneem en het positief vir die siekte getoets. Die departement sê nie een van die man se gesinslede toon cholera-simptome nie.
Leave a Reply