Verdere daling in voedselpryse verwag
Die Buro vir Ekonomiese Navorsing in die buurland voorspel ʼn verdere daling vanjaar in voedselpryse wat ʼn mate van verligting sal bring aan huishoudings wat dit nie breed het nie. Die Verbruikersprys-aanwyser het verlede maand van 6,3 persent tot 5,4 persent gedaal, met voedsel-inflasie wat van 11,9 persent tot 11 persent afgeneem het. Daarbenewens het produksieprys-inflasie verlede maand tot 4,8 persent gedaal. Hoewel faktore soos beurtkrag en internasionale graanpryse risiko’s inhou, word verwag dat graan-verwante produkpryse sal bly verbeter.
Leave a Reply