Internasionale eweknieë sal Namibiese Olie- en Gaskonferensie bywoon – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Internasionale eweknieë sal Namibiese Olie- en Gaskonferensie bywoon – Kosmos 94.1
Internasionale eweknieë sal Namibiese Olie- en Gaskonferensie bywoon – Kosmos 94.1



Internasionale eweknieë sal Namibiese Olie- en Gaskonferensie bywoon

Die Ekonomiese Vereniging van Namibië, die Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad en die Hanns Seidel-stiging in Namibia het vandag amptelik aangekondig dat die Namibiese Olie- en Gaskonferensie op 16 en 17 Augustus in Windhoek sal plaasvind. Die konferensie hou groot belofte in vir die bevordering van samewerking tussen belanghebbendes in Namibië en die internasionale olie- en gaswaardeketting. Die kernfokus van die konferensie is op die voordele wat Namibiërs uit die olie- en gassektor sal kry. Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sal die konferensie amptelik open en die minister van myne en energie Tom Alweendo sal ‘n oorsig gee waarom Namibië die spilpunt van volhoubare energie in Afrika sal word. Verteenwoordigers van Nigerië, Angola, Uganda en Kenia, sowel as internasionale eweknieë soos Noorweë, Guayana en Trinidad en Tobago sal teenwoordig wees.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.