Verswakkende rand – Malema se liedere dra by tot daling
Die Suid-Afrikaanse rand het Dinsdag met meer as 2 persent teen die Amerikaanse dollar verswak. Op die oomblik verhandel die geldeenheid rondom 18,40 teenoor die Amerikaanse geldeenheid en dit is nie net as gevolg van Fitch se afgradering van die Amerikaanse ekonomiese vooruitsigte van AAA na AA+ nie, maar ook as gevolg van die rassistiese Kill the farmer, kill the boer-liedjie wat deur die EFF oor die naweek gesing is en internasionaal nuus gemaak het. Die bekende beleggingsekonoom in die buurland, Dawie Klopper, sê die mark is op die oomblik redelik sensitief. Hy verduidelik.
Leave a Reply