Waarnemende besturende direkteur van Namcor bedank
Namcor se uitvoerende hoof vir sake-strategie, Shiwana Ndeunyema, het as waarnemende besturende direkteur van die maatskappy bedank. Ndeunyema, wat die waarnemende rol in April teensinnig aanvaar het te midde van binnegevegte, het die direksie ingelig het dat hy sy opsies heroorweeg het en dus besluit het om as waarnemende hoof van die nasionale oliemaatskappy uit te tree. Hy is in dié pos aangestel ná die skorsing van die besturende direkteur, Immanuel Mulunga. Intussen sal regter Eileen Rakow in die hoërhof se arbeids-afdeling op 21 Augustus die aansoek van die geskorste Mulunga aanhoor. Hy vra die hof om die klagte van Namcor te hersien en tersyde te stel nadat die Teenkorrupsie-kommissie hom gevrywaar het van enige oortreding in verband met ‘n oorbetaling van 100 miljoen Namibiese dollar aan ‘n Angolese oliemaatskappy.
Leave a Reply