August 26 slaan lekker tenders los, sonder om te tender… – Kosmos 94.1

Home Uncategorized August 26 slaan lekker tenders los, sonder om te tender… – Kosmos 94.1
August 26 slaan lekker tenders los, sonder om te tender… – Kosmos 94.1



August 26 slaan lekker tenders los, sonder om te tender…

Die Tender Bulletin berig dat die toekenning van konstruksie-tenders vir onderwys in die Erongo-streek aan die weermag se August 26-konstruksiemaatskappy baie vrae laat ontstaan het. Die weermag se konstruksiemaatskappy kwalifiseer nie as ‘n openbare entiteit nie en verder, geen openbare tenders vir die bouwerk is uitgesit nie. Dus is die tenders eksklusief aan die weermag gegee. Daar word beraam die werk is 117 miljoen Namibiese dollar werd. Volgens die Tender Bulletin, het President Hage Geingob opdrag gegee dat die weermag dringend klaskamers moet bou om die tekorte aan te spreek en sê verder, dat die onderwysministerie nie ‘n enkele tender verlede jaar uitgereik het vir die konstruksie van klaskamers nie. Die nuus kom terwyl Namibiese konstruksiemaatskappye reeds sukkel omdat tenders herhaaldelik toegeken word aan Chinese firmas. August 26 en al sy filiale het nog nooit toegang tot sy finansiële state toegelaat nie, al word hy met belastinggeld befonds. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.