SA vervoerminister: Skut van taxi’s in Kaapstad is onwettig
Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Sindisiwe Chikunga, sê die reëls wat Kaapstad se burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, ingestel het, is onwettig. Sy het ‘n nuuskonferensie gehou oor die Wes-Kaapse taxi-staking. Chikunga sê die Stad Kaapstad moet voldoen aan die Wet op Nasionale Landvervoer, en die voorwaardes wat Smith stel, moet tersyde gestel word aangesien die sanksies teen taxi-eienaars en -operateurs geen wettige gronde het nie.
Leave a Reply