Dodetal in Hawaiise veldbrande styg
Die dodetal in die veldbrande in Hawaii het van ses tot minstens 36 gestyg. Duisende hektaar het reeds sedert Dinsdag afgebrand. Die vlamme word aangeblaas deur ‘n sterk wind van die Orkaan Dora, suidwes van Honolulu was. Groot verwoesting is gesaai in die toeristestad, Lahaina op die eiland Maui, wat erg onder die vlamme deurgeloop het. Baie buurte het tot op die grond afgebrand. Meer as 11 000 toeriste het Maui reeds verlaat. Sowat 16 paaie moes gesluit word, maar die lughawe op Maui is steeds oop. Vlugkaartjiepryse is verlaag sodat mense die eiland kan verlaat.
Leave a Reply