Arbeidskenner: Toestroming vir poste dui op werkloosheidskrisis
‘n Namibiese arbeidskenner het sy reaksie gegee op die meer as 100 000 aansoeke wat die Namibiese Statistieke-agentskap vir veldpersoneel-poste alleen ontvang het vir die komende sensus. Meer as 10 000 aansoeke is vir kantoor-poste deur hul aanlyn-werwing-stelsel ontvang het vir die Nasionale Bevolking- en Behuisingsensus wat slegs sowat 13 000 tydelike personeel vereis. Herbert Jauch het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die toestroming is ‘n bewys van die werkloosheidskrisis in die land.
Leave a Reply