Qatar Airways skort Namibiese vlugte in November op
Qatar Airways het vandag aangekondig dat hy tydelik sy passasiersvlugte tussen Namibië en Katar vanaf 23 November vanjaar sal opskort. Qatar Airways het einde Junie verlede jaar sy vlugte na en van die Hosea Kutako Internasionale Lughawe in Windhoek amptelik hervat ná die Covid-pandemie. Passasiers wat reeds kaartjies bespreek het vir die tydperk 23 November vanjaar tot Maart volgende jaar, moet die lugredery kontak.
Leave a Reply