Brande in Hawaii ‘n ramptoestand, 53 dood
Die dodetal in die verwoestende veldbrande op die Hawaise eiland Maui het minstens 53 bereik, met 1 000 wat vermis is, terwyl die geskiedkundige dorp Lahaina volgens owerhede erge skade gely het. Sterk wind en droë toestande blaas die vlamme aan en verhinder helikopters om met water by die brande uit te kom. Duisende inwoners moes uit hul huise vlug en sowat 13 000 toeriste is ontruim. Die federale regering het ingestem om ‘n ramptoestand te verklaar. Die burgemeester van Maui, Richard Bissen, sê hulle fokus nou veral daarop om lewens te red. Die goewerneur Josh Green het die media toegespreek.
Leave a Reply