Nog verhogings vir plaaslike raadslede geëis – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Nog verhogings vir plaaslike raadslede geëis – Kosmos 94.1
Nog verhogings vir plaaslike raadslede geëis – Kosmos 94.1



Nog verhogings vir plaaslike raadslede geëis

Die Vereniging van Plaaslike Owerhede van Namibië sê hy sal homself volgende jaar weer vir ‘n verhoging van plaaslike raadslede se toelaes beywer. Dit is ten spyte daarvan dat die ministerie van stedelike ontwikkeling verlede maand tussen 15 en 25 persent verhogings in toelaes vir burgemeesters en raadslede goedgekeur het. Maar, dit is minder as die reuse-50 persent wat die vereniging geëis het. Volgens die adjunk-president Hilde Jesaya is die verhogings nie genoeg nie en daarom sal hulle aanhou veg om raadslede en meer, se omstandighede te verbeter. Meeste plaaslike owerhede sukkel met reuse-uitdaging in verband met skuld aan NamWater en NamPower, sowel as vervalle infrastruktuur en inwoners wat nie hul rekenings kan betaal nie.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.