Ethiopiese owerhede voer klopjagte uit op LGBTQ-gemeenskappe
Owerhede in die hoofstad van Ethiopië, Addis Abeba, slaan toe op bedrywighede tussen mense van dieselfde geslag in hotelle en kroeë. Addis Abeba se vrede en sekuriteitsburo sê hy tree op teen vermaaklikheidsplekke wat verdink word van betrokkenheid by homoseksuele dade. Die optrede het kommer laat ontstaan onder die LGBTQ-gemeenskap in Ethiopië. Gay-aktivistegroepe sê aanvalle het toegeneem teen mense op grond van hulle vermeende seksuele oriëntasie en geslagsidentiteit.
Leave a Reply